Resensie: Viva Afr!
‘n Musikale rebellie teen die onderdrukking van Afrikaans is die
fokus van Viva Afr! wat deur die Tshwane Universiteit van
Tegnologie hier opgevoer word.
Die
hoofkarakters is deel van ‘n groep rebelle wat aanhou om hul taal te gebruik –
ondanks ‘n verbod wat deur die owerhede in ‘n fiktiewe Suid-Afrika daarop
geplaas is.
Interteks
speel ‘n groot rol in die opvoering. Frases uit die drama Die
Keiser deur Bartho Smit word herhaaldelik aangehaal. Dele van bekende
liedjies word gesing en ‘n liriek van “tannie Laurika (Rauch)” word selfs op ‘n
plakkaat deur die rebelle vertoon.
Die
storielyn laat mens kopkrap oor die eintlike skurk in die verhaal. Figuurlik
kan dit moontlik verwys na die Afrikaanse mense wat die rug op hul taal draai
en Engels aaneem. Hierdie gedagte is egter teenstrydend met die taal gebruik in
die stuk wat baie anglisisties is.
Uiteindelik
is Viva Afr! ‘n voel-goed opvoering wat waardeer sal word deur
mense wat met dié taal grootgeword het. -Jake Neethling
No comments:
Post a Comment