Review: “Weg!”



“Weg!” (Director/ Direkteur: Alphonse Du Toit)


Heidi Steyn is die enigste persoon in die opvoering… behalwe vir die drie ander stemme in haar kop wat in Alphonse Du Toit se spel ook leweende lywe moet kry. So, bewys Du Toit die immensiteit van ‘n mens se innerlike self. Weg! begin met die idee dat Steyn deur haar liefde gelos is. Die emosionele onrus is wereldwyd verstaan maar Du Toit gee ‘n geleentheid om dit van binne na buite op die verhoog te sien. Steyn speel ‘n skrywer wat haar woorde nie kan sluk nie, maar kan dit wel uit ‘n boek skeur. Die vloer om haar word deurmekaar met stukkies papier wat haar eie ontstabiele ingesteldheid blootstel.

Verwarrend op tye, maar ‘n sterk optrede. Du Toit gaan daai ekstra myl om aan ‘n mens se hartsnare to pluk deur ‘n toepaslike multimedia uittreksel ook te inkorporeer. Die wys Steyn se herinneringe visueel. As direktuer was Du Toit nie streng met sy visie nie. Hy erken dat die ateljee almal al die gevoelens ervaar het en dat sy eie akteurs bygedra het aan die dialoog. Daarom, sal die boodskap van persoon tot persoon verander. Almal se gewete pla hulle, maar dit lyk asof Du Toit syne wou blootstel. - Bonita du Plessis 

No comments:

Post a Comment